Chinese pastoor twee jaar arbeidskamp toe
2011-07-26 19:54
Beijing – ‘n Protestantse leier is tot twee jaar in ‘n
werkerskamp in China gevonnis op aanklagte daarvan dat hy ‘n onwettige godsdienstige
saamtrek gereël het, berig Huffington Post.
Die Chinese regering raak al hoe meer ontstoke
oor die invloed en groei van nie-amptelike kerke.
Onafhanklike sosiale groepe word oor die
algemeen deur owerhede as “verdag” beskou aangesien hulle ‘n moontlike bedreiging
vir die Kommunistiese regering inhou.
Pastoor Shi Enhao (55) het ‘n vonnis
van twee jaar ontvang ná hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n onwettige godsdienstige saamtrek
gereël het.
Vonnisse van dié aard word op voorstel van die
polisie sonder verhoor uitgedeel en kan na afloop van twee jaar ook verleng
word.
Shi se kerk is ook beveel om enige toekomstige
saamtrekke te kanselleer.
Kerkfondse, die pastoor se motor, musiekinstrumente wat tydens dienste gebruik is
en selfs koor-uitrustings is deur die polisie gekonfiskeer.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.