Chinees jammer dat hy man van NS vermoor

2011-08-02 14:30
Tweets Share Share line Print

Shanghai – ‘n Chinese man het in die hof erken hy ‘n Nieu-Seelandse taxi-bestuurder vermoor, gesê hy is jammer en vir ‘n ligter straf gevra.

Xiao Zhen (24) is in Januarie verlede jaar in China in hegtenis geneem vir die moord op die Aucklandse taxi-bestuurder Hiren Mohini (39).

Die saak is die eerste waarin iemand aangekla van moord in Nieu-Seeland in ‘n ander land verhoor word. China en Nieu-Seeland het nie ‘n uitleweringsooreenkoms nie.

Xiao het in ‘n hof in Shanghai erken dat hy kort na die voorval uit Nieu-Seeland gevlug het en vir familie en vriende in China gesê het hy het teruggekom vir ‘n besoek.

Die Nieu-Seelandse polisiebeampte Hywel Jones en ‘n verteenwoordiger van die Nieu-Seelandse ambassade was in die hof teenwoordig maar het nie gepraat nie.

Xiao het sy berou oor die voorval in die hof uitgespreek en gesê hy het homself verdediging toe ‘n argument tussen die twee uitgebreek het oor ‘n taxi-fooi.

“Ek het nie bedoel om die bestuurder dood te maak nie. Ek is jammer vir wat ek gedoen het. Ek is skuldig,” het Xiao, wat ‘n netjies wit katoenhemp en swart broek aangehad het, gesê.

“Vergewe my asseblief ... ek is nog jonk, het nie ‘n kriminele rekord nie en is die enigste kind in my gesin. Ek het nie myself oorgegee nie, want ek was bang vir wat met my sou gebeur. Neem asseblief hierdie redes in ag om vir my ‘n ligter straf te gee.”

Xiao se familie het buite die hof gesê hulle het ‘n brief aan Mohini se familie gestuur waarin hulle om verskoning vra, maar het nie ‘n reaksie gekry nie.

“Ons het ‘n brief aan die slagoffer se familie gestuur,” het Xiao se tannie, Li Liping, gesê. “Daar is ‘n Chinese spreuk wat sê as die seun die wet oortree, dit die pa se skuld is. Niemand het die reg om enigiemand anders se lewe te neem nie. Ons berou wat hy gedoen het.”

Die Chinese vervolgingsgesag het egter gesê Xiao het bedoel om Mohini seer te maak.

“Hoewel Xiao Zhen se gewelddadige optrede nie vooraf beplan was nie, het hy bedoel om die bestuurder seer te maak,” het die staatsaanklaer, Feng Zhiyu, gesê. “Wat hy gedoen het is ‘n ernstige misdaad en hy moet tussen tien jaar en lewenslank tronk toe gaan.”

Die staatsaanklaers het gesê ‘n ligter straf sal slegs oorweeg word as die slagoffer se gesin Xiao vergewe.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AP

Lees meer oor: china  |  nieu-seeland  |  hofsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.