China wil 'goeie samaritaan'-wet instel

2011-11-02 13:13
Tweets Share Share line Print

Beijing – 'n Stad in die suide van China oorweeg dit om ‘n wet in te stel wat sal verhoed dat mense wat vreemdelinge help, gedagvaar word, het ‘n verslag Woensdag gelui.

Dit kom ná ‘n voorval waar ‘n beseerde kleuter onlangs deur 18 verbygangers geïgnoreer is.

Amptenare in Shenzhen is besig om reëls op te stel wat mense met goeie bedoelings teen regstappe sal beskerm as hul poging om iemand te help onsuksesvol was, “solank daar geen nalatigheid of sabotasie was nie”, het die China Daily berig.

Daar was hernude versoeke vir sulke wette in China nadat ‘n tweejarige meisie verlede maand dood is toe daar twee keer in die suidelike stad Foshan oor haar gery is.

Minstens 18 mense het verby die meisie geloop terwyl sy bewusteloos in die straat gelê het.

Die voorval het die hele land geskok.

Miljoene Chinese het die beeldmateriaal van die voorval op die internet gekyk en dit het gelei tot bespiegeling dat die land se vinnige groeitempo en verstedeliking veroorsaak dat mense meer selfsugtig word.

Berigte het gesê verbygangers was moontlik bang dat hulle verantwoordelik gehou sal word as hulle stop om te help.

Dit volg ná ‘n voorval in 2006 waar ‘n bestuurder, wat gestop het om ‘n bejaarde vrou te help, later daarvan beskuldig is dat hy haar omgery het en gevolglik gedagvaar is.

Westerse lande soos die VSA, Kanada en Australië het reeds wette wat mense teen sulke regstappe beskerm. In Frankryk kan mense aangekla word as hulle nie iemand wat in gevaar is probeer help nie.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

- Sapa - AFP

Lees meer oor: china  |  wette

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.