China versigtiger met doodstraf
2009-07-29 10:55
Beijing - China se hoogste hof, die Supreme People's Court, wat elke jaar die doodstraf meer as enige ander land oplêl, wil dié straf nou minder gereeld en slegs vir baie ernstige oortredinge uitdeel.
Volgens die media kan dié hof, wat alle aanklagtes nagaan voor die doodstraf toegedien word, nou baie van die vonnisse wat reeds uitgedeel is, verander.
Volgens Amnesty International is sowat 1718 mense in China in 2008 doodgemaak. Die vonnis word selfs vir niegewelddadige oortredings soos korrupsie en belastingontduiking, opgele.
Die hof sal nou die wet probeer verander om die aantal kere wat die doodsvonnis uitgedeel word te verminder en gevangenisse wat goeie gedrag toon se vonnisse na lewenslange tronkstraf, eerder as die doodstraf, te verander.
- Sapa