China-slagoffers se familie soek die waarheid
2011-07-28 19:40
Beijing – Van die families van die slagoffers
in die China-treinongeluk dring daarop aan dat die waarheid belangriker is as ‘n
geldelike uitbetaling.
Volgens die families word hulle onder druk
geplaas om geldelike uitbetalings te aanvaar.
Hulle glo egter dit is nog te vroeg om
uitbetalings te bespreek.
“Ons het nie geld nodig nie.
“Ons dring aan op die waarheid,” het een
familielid, Wanh Hui, gesê.
Premier Wen Jiabao het die opdrag gegee dat ‘n
“deursigtige” ondersoek na die oorsaak van Saterdag se ongeluk naby Wenzhou in
die ooste van China geloods word.
Hy het bygevoeg dat die regering die
bevindinge van dié ondersoek vinnig moet bekendmaak.
Ná die ongeluk was daar groot ongelukkigheid en
agterdog in hoe die regering die voorval hanteer het.
Owerhede word daarvan beskuldig dat hulle
arrogant opgetree het en dat hulle nié met die volle waarheid vorendag gekom
het nie.
Volg Nuus24 op Twitter.