China skenk R7 milj aan Chili
2010-03-01 08:51
Beijing – China gaan $1 miljoen (R7 miljoen) aan Chili skenk nadat hulle die afgelope naweek deur ’n massiewe aardbewing geruk is. Die geld gaan tot noodgevalle en mediese dienste bydra.
Chili is Saterdagoggend tot stilstand geruk nadat 'n aardbewing, wat 8.8 op die Richterskaal gemeet het, ontstaan het. Meer as 700 mense se lewens is tot dusver geëis en groot skade is aan geboue en infrastruktuur gerig.
Hu Jintao, die president van China het ‘n boodskap van medelye aan Michelle Bachelet, die president van Chili gestuur en hulle hulp aangebied.
China het ook vroeër vanjaar talle reddingswerkers en vrywilligers na die verpletterde Haïti gestuur wat in Januarie deur ‘n aardbewing verwoes is.
- Sapa-AFP