China: Man bieg ná aanval by skool
2010-08-04 12:04
Beijing – Die polisie het ‘n 26-jarige man in hegtenis geneem ná hy erken het dat hy minstens drie kinders by ‘n kleuterskool in oostelike China vermoor het, het die staatsmedia Woensdag berig.
Die man, Fang Jiantang, is ure ná die aanval in Zibo Dinsdag in hegtenis geneem, het die regering in ‘n verklaring gesê.
Drie kinders is dood, terwyl drie ander kinders en vier onderwysers beseer en na ‘n hospitaal geneem is.
Die polisie het beslag gelê op die 60cm lange mes wat Fang sê hy gebruik het tydens die aanval by die skool.
Sy motief vir die aanval was nie onmiddellik bekend nie.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg Nuus24 op Twitter
- AFP