Ma van twee steek haarself aan die brand
2012-11-18 08:08
Beijing – Menseregte-aktiviste sê 'n ma van twee is dood nadat sy haarself Saterdag in China aan die brand gesteek het.
Dié voorval is die jongste in ‘n rits soortgelyke protesoptredes teen die Chinese regering se hantering van Tibet.
Chagmo Kyi, 'n taxibestuurder met twee kinders, het haarself by 'n markplein in die weste van China aan die brand gesteek.
Volgens 'n menseregte-organisasie is dit die agste soortgelyke voorval in dié gebied sedert 4 November en die 75ste voorval in China sedert Februarie 2009.
Honderde Tibettane is glo Saterdag deur soldate omring toe hulle die vrou se verassingsdiens, by 'n plek waar monnike gewoonlik veras word, wou bywoon.
Amptenare in die gebied het geweier om kommentaar oor die voorval te lewer.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA