China: Agt dood toe trok ontplof
2011-06-14 19:59
Beijing – Agt mense is dood en ses beseer toe ‘n trok
wat plofbare chemikalieë vervoer het in ‘n parkeerarea ontplof het.
Die ontploffing het in ‘n parkeerarea in
Litang in die selfregerende Guangxi Zhuang-distrik, plaasgevind.
Twintig motors het ook in die slag gely.
Die ontploffing het gebeur terwyl werkers die chemikalieë
van die trok afgelaai het.
Die trok het kaliumchloried en koolstof in poeiervorm vervoer.
Volgens ‘n verslag, was dit heel moontlik die
werkers se onverskilligheid wat die ontploffing veroorsaak het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP