China: 19 vas ná tonnel inmekaar sak
2011-03-30 13:11
Beijing - ‘n Tonnel wat in aanbou was, het inmekaar getuimel en sodoende 19 werkers vasgekeer, het Chinese staatsmedia berig.
Die Xinhua-nuusagentskap het gesê werkers van ‘n padbouspan is in die Shangrila-omgewing in Yunnan begrawe toe onstabiele geografiese omstandighede veroorsaak het dat ‘n tonnel wat hulle besig was om te grawe, inmekaar getuimel het.
Die noodwerkers kon daarin slaag om teen Woensdagmiddag ‘n 20 m nooduitgang te grawe in ‘n poging om die konstruksiewerkers te red.
Toerusting wat gebruik word om die tonnel te monitor, wys dat daar nog tekens van lewe in die tonnel is. Reddingsbeamptes probeer om water, suurstof en elektriese toestelle aan die vasgekeerdes te stuur.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP