China: 17 kleuters sterf in busongeluk
2011-11-16 10:09
Beijing – Altesaam 19 mense, waarvan 17 kinders was, is dood in ‘n botsing tussen ‘n oorlaaide bus en ‘n vragmotor in die noordweste van China, het die plaaslike owerhede en staatsmedia berig.
Volgens ‘n beampte van die Gansu-veiligheidsburo het die ongeluk Woensdag om 09:40 (plaaslike tyd) in die informele nedersetting Yulinzi in die provinsie Gansu plaasgevind. Twee volwassenes het ook verongeluk.
Die nuusagentskap Xinhua berig die bus was van ‘n plaaslike kleuterskool.
Volgens ‘n ooggetuie mag die bus slegs nege mense vervoer het.
‘n Onbekende hoeveelheid beseerde mense is na ‘n plaaslike hospitaal geneem.
Luidens berigte word die oorsaak van die ongeluk tans ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP