Chili deur nog ’n aardbewing getref
2010-10-22 08:00
Santiago – ’n Aardbewing wat 5,8 op die Richterskaal geregistreer het, het die sentrale dele van Chili Woensdag laat geskud en geboue in die hoofstad laat oorhel, maar geen skade aangerig nie.
Die episentrum was sowat 315km van die stad, met ’n diepte van 6,7km in die Stille Oseaan, luidens die Amerikaanse Geologiese Opname.
Chili is in Februarie deur een van die ergste aardbewings in die geskiedenis getref toe ’n skudding van 8,8 op die Richterskaal tot meer as 500 sterftes gelei het.
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters