Chili: Vasgevangde mynwerkers stel video vry
2010-08-27 09:20
Santiago - Die 33 mynwerkers wat al 22 dae in ‘n myn in Chili vasgevang is, het videomateriaal van hulself in die skag vrygestel en blyk goeie moed te hou, berig die BBC.
Die video is geneem met ‘n kamera wat na die werkers afgesak is deur die smal boorskag wat hul lewensaar na die grondoppervlak is.
Op die video is die mynwerkers meestal sonder hemde, bebaard en maer, maar is “redelik” gesond, het Chili se minister van gesondheid gesê.
Dit kan tot vier maande neem om hulle te bevry.
Kyk die video en lees meer by die BBC.