Chili: Mynwerkers dalk lewend gevind
2010-08-22 23:10
Kaapstad - Hoop het begin opvlam om 33 mynwerkers in Chili lewend te vind nadat reddingswerkers 'n klopgeluid gehoor het, het RSG berig.
Die mynwerkers is meer as twee weke al vasgekeer.
Reddingswerkers sê 'n boor het 700 meter ondergrond geboor en 'n gat in die tonnel gemaak naby waar daar vermoed word die mynwerkers sedert die begin van die maand is.
Tot dusver was daar geen kontak met die mynwerkers wat na 'n rotsstorting by die goud- en kopermyn naby die stad, Copiapo vasgekeer is nie.
Daar word gehoop dat die werkers in 'n gedeelte van die myn is wat toegerus is met suurstof, kos en water.
- Volg Nuus24 op Twitter.