Chileense mynwerkers deur sterre toegejuig
2010-11-21 13:13
Los Angeles - Rolprentsterre het ‘n staande toejuiging aan die 33
Chileense mynwerkers, wat twee maande lank vasgekeer in 'n myn oorleef het, by
'n vertoning in Los Angeles gegee.
By die "CNN Helde"-vertoning het die mynwerkers, en
vyf van die reddingswerkers wat hulle bevry het, op die rooi tapyt met die
Chileense vlag poseer. Halle Berry, Renee Zellweger, Kiefer Sutherland, Demi
Moore, Jessica Alba en Kid Rock was sommige van die sterre wat by die
geleentheid teenwoordig was.
Die mynwerkers se wedervaringe sal na bewering in 'n
rolprent omskep word deur Brad Pitt se produksiemaatskappy, Plan B.
- SAPA