Chileense mynwerker gaan by Elvis se huis kuier
2010-10-14 12:15
Kaapstad – Een van die Chileense mynwerkers wat gister bevry is, het ‘n spesiale uitnodiging ontvang om Graceland, Elvis Presley se huis in Tennesse, te besoek, berig CNN.
Edison Pena is blykbaar ‘n vurige aanhanger van Elvis se musiek.
Terwyl hulle gewag het om bevry te word, het Pena blykbaar sy mede-mynwerkers se aandag afgetrek deur hulle Elvis-liedjies te laat sing.
“’n Besoek aan Graceland in Memphis is dalk net wat hy nodig het ná so ‘n lang tyd onder die grond,” het Kevin Kern, ‘n woordvoerder vir die Elvis Presley Enterprise, gesê.
Die Elvis Presley Enterprise en die Memphis Convention sal al die kostes dra vir Pena en ‘n metgesel se besoek.
Kern het voorgestel dat Kersfees die beste tyd is om Graceland te besoek.
Die versierings bly egter tot die 9de Januarie op, wanneer Elvis se verjaarsdag gevier word.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.