Chavez wil tot 2031 regeer
2012-01-28 11:35
Caracas – Pres. Hugo Chavez van Venezuela, wat in homself weer verkiesbaar gestel het vir die verkiesing in Oktober, wil tot die jaar 2031 regeer.
"Ek sal doen wat ek kan – fisies en polities – om tot 2031 hier te bly; met demokratiese steun vanaf 2031 tot 2019; 2019 tot 2025 en 2025 tot 2031. Dit sal natuurlik van die mense van Venezuela afhang," het die 57-jarige Vrydag aan joernaliste in Caracas gesê.
Chavez sal op 2 Februarie 13 jaar aan bewind wees.
Die sosialis het verder gesê Venezuela het nog nooit in sy geskiedenis van 200 jaar 'n demokratiese proses soos dié onder sy leierskap ervaar nie.
Die opposisieparty sal sy kandidaat op 12 Februarie bekend maak.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA