Chaos in Kaboel
2010-01-18 12:22
Kaboel – ‘n Groep van sowat 20 Taliban-militante het ‘n reeks selfmoordbomaanvalle in die hoofstad van Afganistan, Kaboel, geloods.
‘n Massiewe ontploffing is vroeg Maandagoggend aangemeld nadat ‘n selfmoordbomaanvaller homself naby die presidensiële paleis opgeblaas het.
Meer as 200 sekuriteitsmagte in Afganistan is betrokke in geweldadige skietgevegte in die stad, het Sky News berig.
In ‘n soortgelyke voorval het ‘n Kanadese soldaat gesterf nadat hy op ‘n tuisgemaakte ontploffingstoestel in Panjwaii getrap het.
Sers. John Faught (44) is die eerste Kanadese soldaat om hierdie jaar in Afganistan te sterf, en die 139ste van die Afganistan-sending.
Sy dood kom twee weke nadat vier Kanadese soldate en ‘n joernalis gesterf het, toe hul voertuig langs die pad ‘n bom getref het.
Kanada het ongeveer 2 500 soldate in Afganistan.
– Sapa, Sky News