Cameron, Sarkozy in Libië
2011-09-15 12:01
Parys – David Cameron, premier van Brittanje, en pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het Donderdag in Libië aangekom om die geteisterde land se oorgang na demokrasie te bespreek.
Die twee wêreldleiers is die eerste regeringshoofde wat Libië besoek sedert Muammar Gaddafi uit die hoofstad gevlug het.
Britse beamptes sê die premier en president sal met Libië se nuwe leiers in Tripoli vergader.
Frankryk se minister van finansies, Francois Baroin, sê hul besoek is ter ondersteuning van die voormalige rebelle wat Gaddafi ontsetel het.
Baroin, wat met die radiostasie France Info gesels het, sê die besoek in ‘n “sterk gebaar.” Hy het ook die besoek as ‘n “geskiedkundige oomblik” beskryf.
Franse nuusberigte sê Sarkozy is deur tientalle Franse onlustepolisielede vergesel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP