Cameron: Regulering van media noodsaaklik
2011-07-08 12:16
Londen – David Cameron, die Britse Premier, het Vrydag gesê die selfregulering van die media het misluk en ‘n nuwe onafhanklike liggaam om koerante te reguleer is noodsaaklik.
Ná die onlangse meeluisterskandaal wat tot die sluiting van News of the World se deure gelei het, moet ‘n nuwe liggaam in die plek van Brittanje se huidige Press Complaints Commission tot stand kom, het Cameron gesê.
“Ons almal is saam in dié ding,” het Cameron gesê en beide media en politici vir die situasie blameer.
Cameron het egter geweier om verskoning te vra omdat hy 'n oudredakteur van die koerant, Andy Coulsen, as sy woordvoerder aangestel het.
Coulsen het in Januarie uit sy pos bedank en die Britse media berig die polisie sal hom Vrydag ondervra in verband met die meeluister van telefoongesprekke by News of the World.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP