Bystandwerkers ontvoer
2011-01-13 21:00
Sofia - Drie bystandwerkers, waarvan een van Bulgarye is, is in die Darfoer-streek van Soedan ontvoer, het ‘n Bulgaarse lid van die Europese parlement Donderdag gesê.
Die drie bystandwerkers was namens die Verenigde Nasies in die land, het die nasionale radio van Bulgarye berig.
Die ontvoering is deur Marija Nedelcheva, wat in beheer is van ‘n groep waarnemers wat deur die Europese Unie gestuur is om die onafhanklikheidsreferendum te monitor wat op die oomblik in die suide van Soedan plaasvind, bekend gemaak.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA