Burka-verbod binnekort wet in Frankryk
2010-09-14 20:44
Parys – Frankryk het oorweldigend ten gunste van ‘n verbod op die dra van burkas gestem.
Volgens die wetsontwerp sal dié tradisionele Islamitiese sluier voortaan op treine, in poskantore en selfs op straat, verban wees.
Die senaat het met ‘n oorweldigende meerderheid van 246 teenoor 1, ten gunste van die verbod gestem.
Dit beteken dat dit binnekort ‘n wet in Frankryk sal wees.
Diegene wat nié met die wetsontwerp saamstem nie, het 10 dae om dit teen te staan.
Volg Nuus24 op Twitter.