Burka in Frankryk verban
2010-07-14 12:13
Parys – Volgens ‘n nuwe wetsontwerp wat Dinsdag goedgekeur is kan Moslem-vroue beboet word as hulle vollengte gesigsluiers in die Franse publiek dra.
Die wetgewing, wat in September deur die senaat goedgekeur is en nog deur die konstitusionele raad nagegaan moet word, kan Frankryk die tweede Europese land maak wat die burka teen die wet maak.
Daar woon sowat 5 miljoen Moslems in Frankryk. Daar word beraam dat sowat 2 000 vroue die vollengte gesigsluier dra.
Die wetsontwerp verban mense om kledingstukke in die publiek te dra wat die gesig toemaak.
Oortreders sal ‘n boete van €150 (sowat R1 400) kan verwag of hulle sal klasse moet bywoon wat oor burgerskap handel.
335 lede van die parlement het die verbanning goedgekeur terwyl slegs een lid teen dit gestem het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters