Burgemeester mafia-styl tereggestel
2010-09-06 23:29
Rome - 'n Burgemeester van suidelike Italië wat geloof is vir sy toewyding om georganiseerde misdaad te bekamp, is mafia-styl tereggestel.
Nuusberigte en die plaaslike staatsaanklaer sê Angelo Vassallo sy lyk is in Acciaroli gevind.
Die ANSA-nuusagentskap berig dat die 57-jarige is Maandag in sy motor naby sy huis geskiet.
Alfredo Greco, die staatsaanklaer wat die ondersoek lei, het gesê die moord het kenmerke van 'n "lelike teregstelling" en sê Vasallo se lyk was bedek met koeëls.
Die staatsaanklaer het aan Sky Italia gesê hy glo Vassallo is vermoor omdat hy "onwettigheid teengestaan" het.
- AP