Buitelanders in Libanon ontvoer
2011-03-23 22:00
Beiroet - ‘n Senior polisiebeampte het gesê sewe Europeërs, wat die land deur Sirië ingekom het, is in die ooste van Libanon ontvoer terwyl hulle fietsgery het.
Die beampte het op voorwaarde van anonimiteit gepraat oor die voorval. Hy het gesê die Europeërs het fietsgery toe hulle deur gewapende mans ontvoer en in twee paneelwaens gestop is.
Die ontvoering het naby die stad Zahle in Libanon se oostelike Bekaa-vallei gebeur.
Hy het nie die ontvoerdes se nasionaliteite bekend gemaak nie.
Nog ‘n veiligheidsbeampte het bevestig ‘n groep buitelanders het Woensdag vermis geraak, maar het gesê geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
Kardiefstal en dwelmhandel is algemeen in die Bekaa-vallei. Dit is nie duidelik of die ontvoerings polities gemotiveerd, soos ‘n reeks ontvoerings tydens Libanon se burgeroorlog, is nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP