Bruidegom skiet gaste op troue dood
2010-08-08 21:12
Ankara, Turkye – Volgens die plaaslike staastmedia het ‘n bruidegom sy vader en twee tantes doodgeskiet toe hy, ter viering van sy spesiale dag, met ‘n masjiengeweer skote afgevuur het.
Die Anatolia-nuusagentskap berig dat agt ander familielede ook in die voorval beseer is tydens Sondag se feesvieringe in die Gaziantep-provinsie.
Na bewering het die bruidegom beheer oor die vuurwapen verloor en dit per abuis op die gaste gerig.
Hy is in hegtenis geneem.
Dit is glo tradisie in Turkye om tydens troues met ‘n vuurwapen skote in die lug af te vuur.
Die polisie in Gaziantep was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP