Bruid met koue voete met R60 000 beboet
2011-08-05 22:58
Taipei – ‘n Taiwanse hof het ‘n bruid beveel om sowat R60 000 aan haar voormalige bruidegom te betaal vir die emosionele skade wat gely het toe sy nie by hul troue opgedaag het nie.
Die vrou, wat op daardie stadium vyf maande swanger was, het nooit by haar troue opgedaag nie nadat sy en haar verloofde oor die aantal gaste vasgesit het, het die TVBS-nuuskanaal berig.
Die verleë bruidegom het die strooimeisie op die nippertjie gevra om vir die bruid in te staan en met ‘n skyntroue voort te gaan. Hy het egter mettertyd op haar verlief geraak en hulle is later getroud.
Die bruidegom was ekstaties toe hy die bedrag waarvoor hy vergoed moet word gehoor het, selfs al was sy oorspronklike dagvaarding vir sowat R240 000.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA