Brown sê jammer oor blaps
2010-04-29 13:38
Londen - Die Britse premier, Gordon Brown, het om verskoning gevra ná hy ’n kieser ’n “skynheilige vrou” genoem het, berig Sky News.
Brown het die 66-jarige Gillian Duffy by haar huis besoek en meer as 40 minute saam met haar deurgebring.
Die leier van die Arbeidersparty het kiesers in Rochdale, in die noordweste van Engeland, ontmoet. Hy het ’n bejaarde weduwee teëgekom en die grootte van die nasionale skuldlas, belasting en immigrasie met haar bespreek.
Kort ná dié gesprek is Brown in sy motor weggery, maar hy het steeds die mikrofoon aan hom gehad. Dit het uitsaaiers in staat gestel om te hoor hoe hy die ontmoeting met sy assistent bepreek.
Hy het buite die huis aan verslaggewers gesê hy is 'n "berouvolle sondaar" en het die punt wat Duffy gemaak het verkeerd verstaan.
– Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter