Brown in gevaar met tussenverkiesing
2009-07-23 15:36
Londen – Gordon Brown, die Britse eersteminister, het Donderdag sy eerste meningspeiling in die gesig gestaar.
Dit volg op die leierskapkrisis wat verlede maand ontstaan het, en nou kan kiesers in ‘n tussenverkiesing in oos-Engeland veroorsaak dat hy stemme verloor.
Brown se Arbeidersparty veg om hul parlementêre setels te behou
Groot belangstelling in die amptelke opposisie, die Konserwatiewe party, kan weer vrae oor Brown se leierskap laat opvlam.
Die verkiesing sal waarskynlik die publiek se woede oor ‘n skandaal oor wetgewers se parlementere uitgawes weerspieël.
Hierdie skandaal het Donderdag se tussenverkiesing veroorsaak.
Ian Gibson, LP van die Arbeiderparty, het ‘n meerderheidstem van 5 500 gehad. Hy is uitgeskop na ‘n interne party-ondersoek wat gedui het dat hy duisende ponde op ‘n woonstel in Londen geëis het, voordat hy dit teen ‘n verlaagde prys aan sy dogter verkoop het.
Die twis oor uitgawes het al die hoofpartye in Westminster getref.
Die Arbeiderparty, wat al van 1997 aan bewind is, ly die swaarste daaronder.
- Sapa