Brown besweer gesondheidsvrese

2009-09-27 13:24
Tweets Share Share line Print

Londen - Die Britse premier, Gordon Brown, het Sondag op politieke skinderpraatjies oor sy gesondheid gereageer deur te sê hy neem nie voorgeskrewe pynstillers nie. Hy het ook beklemtoon dat hy gesond genoeg is om sy land te lei.

Tydens 'n onderhoud op die BBC om die begin van die Arbeidersparty se jaarlikse kongres te vier, het Brown vrae beantwoord oor gerugte in Westminster dat hy "voorgeskrewe pynstillers en ander pille gebruik om hom aan die gang te hou".

"Nee, hierdie is die soort van vrae wat heeltemal te dikwels in Britse politiek na vore kom," het Brown gesê.

"Wanneer mense vrae oor hierdie soort goed vra, veral oor my sig, voel ek ek het alles in my vermoë gedoen om aan mense te bewys dat ek die werk kan doen ten spyte van die probleme waarmee ek sukkel as gevolg van 'n rugbybesering."

Brown het die sig in een van sy oë verloor ná 'n ongeluk tydens 'n rugbywedstryd as tiener, en moes 'n reeks operasies ondergaan om die sig in sy ander oog te red.

Die voormalige minister van finansies, wat 'n agterstand het in vergelyking met die Konserwatiewe party in meningsopnames voor die verkiesing volgende Junie, moes in die afgelope paar weke herhaaldelik vrae beantwoord oor sy gesondheid.

Politieke skinderwebwerwe en joernaliste het verskeie stories oor Brown se gesondheid vroeër in die maand geplaas, maar dié BBC-onderhoud was die eerste keer wat hy in die openbaar uitgevra is oor medikasie.

Verslaggewers het hom ook verlede week uitgevra oor sy gesondheid, waarop Brown geantwoord het dat hy "gesond en baie fiks" is, en dat hy gereeld draf.

- Reuters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Dit bly maar tragies. En dit net omdat die president van Sirie wat deur nepotisme die pos van sy pa ontvang het. Wys n mens net hoe vinnig n diktator geskep word. Hoe se: "Abdel Rahman het gesê die internasionale gemeenskap moet “reageer” op die geweld." Waar is Rusland en China nou? Hulle het die resolusie ge-veto. Wereld politiek word by die dag sieker en sieker. 13000 DOOD, vir wat? Om n familie besigheid te beskerm? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i (E46)
2002
R 84,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,900.00

FORD

Ranger 2.5 TD Hi-Trail XLT D-Cab Dsl PU
2005
R 118,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.