Britte kry dalk vaderskapverlof
2010-01-29 02:17
Londen - Soms is 'n swangerskap net so traumaties vir die vader in die huis as die moeder. En as ma dan vir 'n paar maande na die geboorte van kleinding by die huis moet wees, kan pa seker ook.
Wel so meen die Britte wat tans besig is met nuwe wetgewing wat vaders die kans sal gee om sowat ses maande verlof te neem na die geboorte van hulle kind.
CNN het berig dat dié blink gedagte vaders in staat sal stel om drie maande betaalde en drie maande onbetaalde verlof te neem.
Dié ses maande vaderskapverlof sal geneem kan word tydens die tweede helfte van die baba se eerste lewensjaar indien die ma van die kind teruggaan werk toe.
Die plan is deur Gordon Brown uiteengesit wat gesê het dit gee “paartjies meer vryheid, pa’s meer regte en babas meer tyd saam met mense wat lief is vir hulle”.
Kliek hier vir die volledige storie.