Brittanje help met 'terreur'-ondersoek
2009-12-27 02:10
Den Haag - Owerhede in Brittanje werk nou saam met Amerikaanse owerhede om 'n beweerde terreur-aanval op 'n Amerikaanse vliegtuig te ondersoek.
Die Britse premier Gordon Brown het Saterdag gesê hulle sal doen wat hulle kan om die veiligheid van passasiers in vliegtuie en die publiek te beskerm.
Abdul Farouk Abdulmutallab, 'n Nigeriër, het Vrydag 'n ploftoestel op 'n vliegtuig wat vanaf Amsterdam na Detroit onderweg aan die brand gesteek.
Abdulmutallab was glo 'n student aan University College London (UCL).
Die polisie het huise in Londen, insluitend 'n woonstel naby Oxford Circus waar Abdulmutallab glo gewoon het, Saterdag deursoek.
Lughawens wêreldwyd het ook hul sekerheid ná die voorval verskerp.
– Sapa-AFP