Brittanje betaal R10milj vergoeding aan Afgane
2010-10-03 10:43
London - Amptelike statistieke wys Brittanje het vanjaar R10 miljoen
as vergoeding vir sterftes, beserings en beskadigde eiendom aan Afgane betaal.
Die Britse magte het ooreengekom om die bedrag uit te betaal
teen eise wat tussen Januarie en middel-Augustus vanjaar ingedien is, het die Departement
van Verdediging gesê.
Dit sluit in geld wat betaal is aan die families van ten
minste 36 burgers wat deur NAVO-optrede in Afganistan gedood is.
Eise wat verband hou met 'n verdere 17 plaaslike inwoners
word steeds ondersoek.
Die meeste van die geld is vir skade aan oeste en behuising
uitbetaal.
Die grootste uitbetaling (R221 760) het gegaan aan 'n
familie wat in Desember 2009 gesien het hoe twee broers en twee seuns deur 'n
misielaanval in die Babaji distrik van die Helmand provinsie gedood is.
- SAPA