Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Britse vrou 'verpletter' oor doodstraf

2013-01-23 11:39
Tweets Share Share line Print

Denpasar – ‘n Britse ouma, Lindsay Sandiford, is “verpletter” nadat sy tot die doodstraf gevonnis is vir dwelmsmokkelary op die Indonesiese eiland Bali, het haar prokureur Woensdag gesê.

Volgens Esra Karokaro, haar prokureur, het Sandiford skaars gepraat sedert sy gevonnis is nadat sy byna vyf kilogram kokaïen in die land ingesmokkel het. Die vonnis het as ‘n skok gekom nadat aanklaers aanvanklik slegs vir ‘n tronkstraf van 15 jaar gevra het.

“Sy is beslis verpletter deur die uitspraak. Sy is sielkundig geruk,” het Karokaro aan AFP gesê.

Hy het bevestig dat sy waarskynlik appèl sal aanteken teen die vonnis.

Sandiford was volgens amptenare die aanvoerder van ‘n groep mense wat dwelms gesmokkel het. Sy is Dinsdag in ‘n hof in Bali se hoofstad, Denpasar, gevonnis.

Sy het glo die dwelms, wat $2,4 miljoen (R21 miljoen) werd was, in haar tas gehad toe sy in Mei op ‘n vlug van Bangkok aangekom het. Sy het aangevoer dat sy gedwing is om dit te vervoer en dat haar kinders gedreig is.

Hillary Parsons, Sandiford se suster, wat ook by die verhoor was, was ook “geskok” deur die vonnis, het Karokaro gesê.

“Haar suster het my gevra oor die regsprosedures wat gevolg moet word om aansoek om appèl te doen,” het hy gesê en bygevoeg dat hy voel die doodstraf is “buitensporig”.

Die appèlproses in Indonesië neem gewoonlik 'n paar jaar om te voltooi, insluitend uitgerekte sittings voor regters by die hooggeregshof. Daarna is 'n presidensiële kwytskelding die enigste uitweg.

– Volg Nuus24 op Twitter
 


 

- AFP

Lees meer oor: bali  |  dwelmhandel
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
30 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Pretoria - 08:10 AM
    Road name: Garsfontein Road Westbound
    DELAYS between Solomon Mahlangu Drive and January Masilela Drive
  • Wednesday Florida Lake - 08:02 AM
    Road name: Main Reef Road
    ACCIDENT at Westlake Road
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.