Vrou steek haarself aan die brand op trein
2011-04-14 17:00
Londen – ‘n Vrou is dood nadat sy haarself in ‘n pendelaartrein aan die brand gesteek het, het The Telegraph berig.
Volgens die berig het Rachel James (43) haarself aan die brand gesteek nadat sy veertien jaar gelede haar seun vermoor het.
Sy het haar seun, Perry, glo vermoor tydens ‘n voorval wat met psigose verband hou.
James, van Uxbridge in die noordweste van Londen, het Maandag haarself aan die brand gesteek op die 16:25-trein wat vanaf Northampton na Londen Euston gereis het.
Daar word beweer dat die brand in die trein se toilette ontstaan het nadat James ‘n kan vol gas aan die brand gesteek het.
Maandag was glo die veertiende herdenking van haar seun se dood. James was glo verantwoordelik vir dié kind se dood.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.