Britse seun dra uit protes romp skool toe
2011-05-11 19:55
Londen – ‘n Twaalfjarige Britse seun het ‘n knielengte-romp skool toe gedra om beswaar te maak teen die feit dat hy nie in die somer ‘n
kortbroek skool toe mag dra nie.
Met dié romp aan het hy tydens saalopening met
sy mede-skoliere, meer as 1 350 leerlinge, gepraat.
Seuns mág volgens die skoolreëls ‘n romp dra,
deurdat daar nie spesifiek gesê word dat hulle nié mag nie.
Hulle word egter wel verbied om kortbroeke
skool toe te dra, al is dit warm.
“Meisies mag rompe dra in die Somer, maar ons
mag nie kortbroeke dra nie,” het die skoolseun gekla.
Hy en ‘n groep skoliere het met plakkate deur
die dorp se strate gestap.
“Ek is baie trots op my seun,” het sy ma gesê.
“Hy staan op vir waarin hy glo.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP