Britse seksopleiding-video vir kinders skok
2012-01-12 22:52
Kaapstad – ‘n Video oor seksopvoeding wat deur die BBC vervaardig is vir kinders so jonk as nege, word deur ‘n LP gekritiseer dat dit “soos ‘n pornofilm” is, het die Daily Mail Donderdag berig.
Die LP, Andrea Leadsom, sê die materiaal “vernietig kinders se onskuld.”
Die video is daarop gemik om kinders tussen die ouderdom van nege en 11 te leer van grootword, die lewenssiklus, gevoelens, familielewe en vriendskap.
Nietemin is daar ‘n animasie-prent van twee karakters wat seks het ingesluit by die materiaal, tesame met grafiese verduidelikings.
“Hierdie materiaal is eksplisiet en dit vernietig kinders se onskuld,” het Leadsom gesê.
– Lees meer by die Daily Mail
– Volg Nuus24 op Twitter