Britse poniekoerant gaan sluit
2011-07-07 21:04
Londen – Die eienaar van News of the World, Rupert
Murdoch, het aangekondig dat die laaste uitgawe van dié koerant Sondag gepubliseer sal word.
Dié skuif kom ná dit aan die lig gekom het dat
die poniekoerant onwettig toegang tot selfoonboodskappe verkry het om sodoende inligting
vir stories te versamel.
Die
koerant het na bewering onder andere onwettige toegang tot die selfoonboodskappe van ‘n verdwene meisie gekry, daarna geluister en selfs ou boodskappe uitgevee sodat nuwes kon inkom.
Soldate se familielede,
honderde bekendes, politici en lede van die koninklike gesin se selfoonboodskappe is ook afgeluister.
“Ná beraadslaging met senior
kollegas het ek besluit dat verdere stappe nodig is.
“Hierdie Sondag sal die laaste uitgawe van
News of the World uitgegee word,” het James Murdoch in ‘n verklaring gesê.
“Die inkomste wat die koerant die naweek inwin,
sal aan welwillendheid geskenk word,” het Murdoch, voorsitter van News
International, bygevoeg.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP