Britse paartjie wat lotto wen wil ander ook ryk maak

2011-10-11 19:55
Tweets Share Share line Print

Londen – Die Britse paartjie wat £101 miljoen (sowat R1.2 miljard) in die EuroMillions lotery gewen het, het gesê hulle wil hul familie en vriende ook ryk maak.

Hulle hoop om sowat 20 goeie vriende en familielede oornag in miljoenêrs te verander.

Dave Dawes, ‘n toesighouer by ‘n voedselvervaardiger, en sy lewensmaat, Angela Dawes, wat in ‘n tweedehandse klerewinkel werk, het Brittanje se EuroMillions-boerpot gewen.

Tydens ‘n mediakonferensie het Dave Dawes gesê hy kon die nie glo toe hy die trekking op TV kyk en besef dit is hulle nommers wat opkom nie.

“Dit was mal. Ek kon my oë nie glo nie,” het hy gesê.

Die paartjie, wat nie getroud is nie maar kies om dieselfde naam te gebruik, moes tot Maandag wag om te bevestig dat hulle die boerpot gewen het.

Dit het hulle oorgenoeg tyd gegee om solank te besluit wat hulle met al die geld gaan doen.

“My ma en pa bly in Portugal, so ons gaan ‘n huis daar koop en volgende jaar trou,” het Angela Dawes gesê.

“Dave het my reeds gevra om te trou en ek het al ‘n verloofring, maar nou gaan ons ‘n groter een koop,” het sy bygevoeg.

David, ‘n kranige Chelsea-aanhanger, het gesê hy gaan beslis seisoenkaartjies vir al Chelsea se wedstryde koop.

Hulle wil ook na die luukse buurt rondom Stamford Bridge, Chelsea se tuisveld, verhuis.

Die paartjie is egter nie heeltemal selfsugtig nie en het gesê hulle gee graag hul geld aan geliefdes.

Hulle het 'n lys van sowat 20 vriende en familielede, onder andere kinders uit vorige verhoudinge, wat 'n paar miljoen elk sal ontvang.

Voordat die geld heeltemal op is, sal hulle egter seker maak 'n welwillendheidsorganisasie kry ook iets.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Sapa - AFP

Lees meer oor: londen  |  lotery

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.