Britse 'man' skenk geboorte
2012-02-13 13:06
Brittanje – 'n Britse man in sy dertigs het glo geboorte geskenk, het die Daily Mail berig.
Die "manlike ma" het sy lewe as 'n vrou begin en 'n geslagsveranderingsoperasie ondergaan. Daar word vermoed dat die man reeds verlede jaar geboorte geskenk het terwyl hy as 'n man gelewe het.
Mediese kenners het gesê as die baarmoeder nie verwyder is tydens 'n geslagsveranderingsoperasie nie, is daar niks wat 'n vrou keer wat 'n man word om 'n baba te hê nie.
Maar ander meen die welvaart van die baba is belangrik en het bevraagteken hoe hulle klein kwessies gaan hanteer soos wat die kind die man moet noem, "ma" of "pa".
Slegs 'n handjievol "manlike ma's" het wêreldwyd al geboorte geskenk. Daar word beweer dat dié geval die eerste in Brittanje is.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.