Britse gyselaarsdrama kom tot ‘n einde
2010-06-28 21:37
Londen – ‘n Man in sy dertigs is Maandagaand in hegtenis geneem nadat hy verskeie mense gyselaar gehou het by ‘n Barclays-bank in in Ashford, Middlesex.
SkyNews het berig dat die verdagte omstreeks 20:00 (SA-tyd) buite die bank in hegtenis geneem is nadat hy verskeie ure binne die bank was.
“Die polisie was binne minute op die toneel nadat die drama omstreeks 17:00 begin het,” het supt. Duncan Greenhalgh van die Surrey-polisie gesê.
“Opgeleide lede van die polisie se spesiale taakmag het die onderhandelinge met die verdagte hanteer. Die verdagte is in hegtenis geneem en is in polisie aanhouding,” het Greenhalgh gesê.
“Die gyselaars word almal nou deur mediese personeel bygestaan. Hulle is in skok maar niemand is ernstig beseer tydens die voorval nie.”
Nuus24 het vroeër berig dat die gewapende man omstreeks 17:00 by die bank naby die Heathrow-lughawe ingestorm en verskeie kliënte gyselaar gehou het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.