Brit wat vrou vermoor se derde verhoor begin

2011-12-12 19:02
Tweets Share Share line Print

Montauban – 'n Brit wat in die tronk is nadat hy sy vrou vermoor en haar lyk in 'n meer in Frankryk gegooi het, het Maandag met die begin van sy derde verhoor volgehou hy is onskuldig.

"Ek is nie op enige manier verantwoordelik vir die dood van my vrou nie. Ek is totaal onskuldig. Ek het geen rede gehad om my vrou dood te maak nie," het die 50-jarige Robert Lund aan die hof gesê.

Lund is in 2007 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis op 'n aanklag van onvrywillige moord op sy vrou, Evelyn, wie se lyk in 2002 in 'n meer gevind is, twee jaar nadat sy van hul huis in die suidweste van Frankryk verdwyn het.

Sy derde verhoor kom nadat hy appèl aangeteken het op 'n punt van regsprosedure.

Lund het sy 52-jarige vrou op Nuwejaarsdag in 2002 as vermis aangemeld en aan ondersoekbeamptes gesê hy dink sy was in 'n ongeluk betrokke nadat sy baie gedrink en besluit het om by vriende te gaan kuier.

Ten spyte van 'n intensiewe soektog na Evelyn se oorskot is sy eers twee jaar ná haar verdwyning gevind.

Haar lyk is in haar motor in die Bancalie-meer, tussen die Lund-familiehuis in Rayssac en dié van die vriende by wie sy veronderstel was om te gaan kuier, gevind.

Die Lund-familie het in 1997 na die streek getrek.

Volgens Lund se prokureur, Apollinaire Legros-Gimbert, is daar genoeg onsekerhede in die saak, insluitend die oorsaak van Evelyn se dood, om te hoop dat hy kwytgeskeld sal word.

Legros-Gimbert het egter erken sy kliënt neem 'n kans met die nuwe verhoor omdat hy aan moord skuldig bevind kan word en 'n langer tronkvonnis in die gesig staar.

Hy het gesê die feit dat Lund bereid is om 'n kans te neem is bewys van sy onskuld.

'n Prokureur vir Evelyn se familie, Henri Renier, het gesê Lund wil kwytgeskeld word om sodoende haar boedel en geld van haar lewenspolis te erf wat gevries is nadat hy skuldig bevind is.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- AFP

Lees meer oor: frankryk  |  hof  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.