Dronk Brit tuimel na sy dood in Majorka
2010-09-07 12:08
Londen - 'n Britse vakansieganger is dood in Majorka, Spanje, ná 'n toertjie wat hy gedoen terwyl hy dronk was, skeefgeloop het.
Die 27-jarige man het na sy dood getuimel toe sy hand gegly het terwyl hy van die vyfde verdieping se balkon gehang het.
Hy het vriende gevra om te tel hoe lank hy aan die balkon kan hang.
Dié ongeluk het Sondagoggend gebeur en patoloë sal Dinsdag 'n nadoodse ondersoek doen.
Lees meer hier