Brit glo aan Taliban gegee en toe geskiet

2011-07-06 08:11
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die lyk van ’n Britse soldaat is gekry nadat hy Maandagoggend by ’n kontrolepunt in Afganistan vermis geraak het.

Sktr. Scott McLaren is doodgeskiet.

Die Britse weermag het Dinsdag in ’n verklaring bevestig dat die soldaat van die 4de Bataljon van die Skotse Regiment (4 Scots) in die Nahr-e Saraj-distrik in die Helmand-provinsie dood is.

Volgens die weermag is die omstandighede van sy dood nog duister nadat hy om onverklaarbare redes ná sy wagbeurt nie na sy basis teruggekeer het nie.

Die vermoede is dat hy moontlik saam met soldate van die Afgaanse weermag wat saam met die Britse soldate werk na ’n nabygeleë nedersetting gegaan het.

Volgens The Telegraph het hy blykbaar saam met die Afgaanse soldate gaan swem toe hy “weggeraak” het.

Die Taliban het McLaren moontlik ontvoer.

As dít die geval is, is dit die eerste keer dat ’n Britse soldaat lewend deur die Taliban ontvoer en doodgeskiet is.

Volgens die koerant het die Afgaanse soldate beweer hulle het gedink hy het moontlik verdrink.

Hewige gevegte het egter die laaste paar weke in dié gebied gewoed.

Van die plaaslike inwoners het beweer McLaren is aan plaaslike insurgente oorhandig.

Die Afgaanse polisie het bevestig dat hy ontvoer en later doodgeskiet is.

McLaren was gewapen, maar daar is geen teken dat hy sy wapen afgevuur het nie.

- Beeld

Lees meer oor: afganistan  |  taliban  |  soldate

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.