Branderplankryer sterf in haai-aanval

2010-08-17 13:05
Tweets Share Share line Print

Sydney – ‘n Australiese branderplankryer het gesterf nadat hy Dinsdag deur ‘n haai aangeval is, het die plaaslike media berig.

Na bewering was daar byna twee jaar laas ‘n noodlottig haai-aanval in Australiese waters.

Volgens die plaaslike media het ander branderplankryers die man uit die water gehaal en dadelik noodhulp op hom toegepas. Die 31-jarige slagoffer het egter gesterf.

“Ons het ons beste probeer om die bloeding te stop en sy been vasgebind,” het Eddie Kilgallon, ‘n branderplankryer, gesê.

“Daar was byna niks van sy been oor nie. Ek het dit probeer vashou. Die onderste deel van sy dy was heeltemal oopgeruk en in stukke. Die helfte van sy kuitspier was weg.”

Volgens Kilgallon het ander branderplankryers probeer om die slagoffer aan die lewe te hou, nadat die voorval by South Point, naby Gracetown (270km vanaf Perth) plaasgevind het.

“EK het gesien dat hy ‘n trouring aangehad het en vir hom gesê dat sy vrou hom weer sal wil sien. Sy gesig het wit geword, maar ons kon daarin slaag om sy kleur terug te kry. Dit is toe dat ek gedink het hy staan ‘n kans om te oorleef.”

Rob Alder, ‘n inwoner van Gracetown wat noodbehandeling (CPR) op die slagoffer toegepas het, meen dit was die perfekte dag om in die see te wees.

“Ek het die slagoffer se bord op die water sien dryf. Dit het in ‘n sekonde gebeur,” het hy aan ABC Radio gesê.

Alder het die nooddienste ontbied en die slagoffer te hulp gesnel.

Hierdie is die eerste aanval sedert Desember 2008 toe ‘n man deur ‘n reuse-witdoodshaai aangeval is terwyl hy en sy seun gesnorkel het.

Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: sterftes  |  haai-aanvalle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 7-17°C Sunny. Cool. Bfn: 7-21°C Afternoon clouds. Cool.
Dbn: 16-25°C More sun than clouds. Mild. PE: 15-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

TOYOTA

Hilux 2.5 SRX D-4D LWB Dsl PU MY05
2005
R 115,995.00

TOYOTA

Corolla 160i GSX MY04
2006
R 119,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.