Branderplankryer se lyk gevind
2011-07-28 22:58
Jakarta – Plaaslike vissermanne in Indonesië het op die lyk van ‘n
Amerikaanse branderplankryer wat verlede naweek vermis geraak het, afgekom.
Hulle het hom wes van Indonesië uit die water gehaal.
Daniel Bobis het ‘n ander branderplankryer
getref terwyl hy ‘n drie meter hoë golf gery het.
Die enkelbandjie wat vas was aan sy bord het
afgebreek en sy bord het op die strand uitgespoel.
‘n Reddingswerker sê Bobis se lyk is sowat 30
km van waar hy laas lewend gesien is, gevind.
Bobis (32) was ‘n wiskunde-onderwyser by Long
Beach Hoërskool in New York.
Hy was saam met sy vrou op vakansie op Sumatra-eiland.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP