Brand vernietig hotel
2010-02-27 04:34
Hampton, New Hampshire – ‘n Brand wat in ‘n leë hotel langs die see hier uitgebreek het, is deur winde wat bykans so sterk soos ‘n orkaan is versprei na nabygeleë geboue, het die brandweer gesê.
Die brand het ‘n hele blok met besighede vernietig, maar niemand is dood of beseer nie.
Die gloed van die brand kon kilometers ver gesien word, het ‘n getuie gesê.
Die reuse-brand het laat Donderdag of vroeg Vrydag by die drie-verdieping Surf Hotel in Hampton uitgebreek, het brandweerkaptein David Lang gesê.
Meeste van die besighede in die omgewing, sowel as die Surf Hotel, is slegs in die somer oop en gevolglik was niemand in die geboue toe die brand uitgebreek het nie.
Die brand is onder beheer gebring, maar die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
- Sapa - AP