Brand tref Sao Paolo
2009-10-12 02:43
Sao Paolo – ‘n Massiewe brand het Sondagaand omstreeks 18:00 in Sao Paulo uitgebreek wat desperate inwoners van die verwoestende vlamme laat vlug het.
Die brand het in die krotbuurt, Diogo Pires uitgebreek.
‘n Televisie-uitsending het vlamme van oor die 20m hoog gewys. Sommige inwoners het op die dakke van huise gehardloop om te ontsnap, terwyl ander die brandbestryders gehelp het om die vlamme in bedwang te bring met waterbakke en tuinslange.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Brandbestryders kon egter daarin slaag om te keer dat die vlamme na die industriële gebiede van Sao Paolo oorbeweeg.
Daar is op die stadium nog geen sterftes in die krotbuurt in die grootste stad van Brasilië aangemeld nie.
-Sapa-AP