Brand op vissersboot eis drie
2010-08-17 23:08
Wes-Cork - Ierse vlootbeamptes en polisielede het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat ‘n brand op ‘n vissersboot die lewens van drie persone geëis het.
Richard Harman (69), Mike Schmidt (70), en Wolfgang Schroeder (62) is dood toe hul boot, The Castaway, Maandagaand aan die kus van Wes-Cork gesink het nadat dit aan die brand geslaan het.
Die Amerikaner, Ed Dziato, is die enigste persoon van die voorval oorleef het.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA