Brand onthul kinderpornografie in prof se huis
2012-01-20 11:15
New York – ‘n Professor in argitektuur van New York word van kinderbedreiging aangekla nadat brandweerbeamptes kinderpornografie in sy brandende huis gevind het.
Gamal El-Zochby (76) het geweier om die saak met die nuusagentskap The Associated Press te bespreek. Alle vrae is na ‘n prokureur, wat nie op kantoor was nie, verwys.
Volgens die polisie het brandweerbeamptes in Eagleswood Township op ‘n tydskrif met pornografiese beelde van minderjarige meisies afgekom terwyl hulle die brand probeer blus het. Dié tydskrif dateer terug na die 1970’s.
Christopher Kay, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die brandweermanne was besig om die brand te blus toe die tydskrif uit die plafon geval het.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP